Universiteit van Suid-Afrika | |
---|---|
Die Universiteit van Suid-Afrika | |
Leuse: | Pro Gentibus Sapientia[1] |
Leuse in Afrikaans: | (Kennis) In diens van die mensdom |
Gestig: | 26 Junie 1873 |
Tipe: | Openbare universiteit met afstandsonderrig |
Kanselier: | Thabo Mbeki |
Personeel: | 5 762 (2017) [2] |
Studentetal: | 381 484 (2017)[3] |
Ligging: | Pretoria, Gauteng
25°46′02″S 28°11′58″O / 25.76722°S 28.19944°O |
Kleure: | Oranje, rooi en blou |
Webtuiste: | unisa.ac.za |
Die Universiteit van Suid-Afrika is 'n universiteit in Pretoria, Gauteng, wat deur afstandsonderrig opleiding aan studente binne en buite Suid-Afrika verskaf. Die universiteit staan ook bekend as Unisa (Universiteit van Suid-Afrika). Dit was die eerste universiteit ter wêreld wat opleiding deur middel van korrespondensie verskaf het. In Desember 2017 het die universiteit 381 484 ingeskrewe studente vanoor die hele wêreld gehad, wat beteken dat hy die grootste universiteit in Afrika is en ook een van die wêreld se mega-universiteite. Volgens 'n peiling in 2010, was Unisa die agtste beste universiteit in Suid-Afrika, en die 1290e in die wêreld.[4]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search